Engelbrecht, Theunis Jack Parow Die Ou met die Snor by die Bar
search
  • Engelbrecht, Theunis Jack Parow Die Ou met die Snor by die Bar

Jack Parow Die Ou met die Snor by die Bar

R160.00
Tax excluded

Obz Books. Music.

Quantity
Last items in stock

InDie ou met die snor by die barvertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture.
Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, Belgi Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou.
Daar is sappige staaltjies oor wilde partytjies, warm bokkies, dodgy plekke, trance-paarties en avonture in jacuzzis, en hy lig ook die sluier oor sy ervarings met onder andere rofstoeiers, skoonheidskoninginne, polisiemanne, hipsters in nagklubs, n sanger wat hom wou bliksem, ooms wat hom van verhogegooi wil hen n stewige tannie wat met n krieketkolf op hom afstorm.
Parow beantwoord ook taai vrae wat al deur mense aan hom gevra is, soos: Is dit waar wat hulle svan n man met n lang pet? En: Hoe kry jy dit reg om jou snor so te hou dat girls dit onweerstaanbaar vind? Hy vertel die stories agter sy gewildste songs en draai nie doekies om oor wat hy van n klomp goed dink nie, soos die ou Afrikaans en die nuwe Afrikaans, die lewe in Suid-Afrika en wat dit regtig beteken om n rapper te wees. Die boek bevat ook die lirieke van baie van sy treffers en talle fotos wat nog nooit voorheen gesien is nie.

Paperback. Afrikaans. Penguin. 2015. Good Condition.

1 Item
Comments (0)
No customer reviews for the moment.