

Obz Books. South African Journalism.
Oor die 'leiers en verleiers' uit 'sy bos' gee bekroonde koerantman Hennie van Deventer kostelike glimpsies. Een staatshoof sou 'n skaapkop met sy knipmes takel. 'n Ander het die skrywer met die hand lemoenskyfies gevoer. 'n Deftige mevrou van Libertas se delikate doilietjies is in tronk-kamerpotte uitgespoel! Lees hoekom 'n topredakteur as 'n 'swaar vermomde engeltjie' en sy kollega as 'n 'goeie bliksem' beskryf is; oor 'n koerantveteraan wat in rooi pajamas uit 'n hospitaalbed Kabinetskuiwe reg voorspel het, en oor die skrywer wat 'n koeel in sy kuiltjie gekry het toe hy onskuldig was! Van Deventer kap heerlike anekdotes oop: oor 'n indrukwekkende galery "bekendes, rykes, slimmes, skones en sommer doodgewones". Hy onthou die sluipmoorde op Hendrik Verwoerd en Chris Hani maar vergeet nie die getroue tuinman Daniel wat 'sy lewe' verloor, en teruggekry, het nie. Die leser word toeskouer by vuurwarm direksievergaderings en vername etenstafels; hy hoor geheimpies oor n onwaarskynlike lid van die Afrikaner-Broederbond se lojaliteit; 'n formidabele volksmoeder se guitigheid by boere-opskoppe; 'n omstrede skilder se eskapades met naakte modelle Van Deventer verklap watter vrou die 'onuitwisbaarste indruk' op hom gemaak het, wie hy onthou soos sy eerste soen en wie 'n liefdesbrief van 114 bladsye gekry het. Hy verswyg ridderlik die naam van die mooi ouderling wat, kaal bolyf, knielend voor haar leraar gestaan het!
Paperback. Afrikaans. Griffel. 2009. Good Condition.